Welkom by Rapport se Klub
« Tuisblad

STANDAARDBEPALINGS EN -VOORWAARDES VIR KOMPETISIES:

  1. Hier volg die standaardbepalings en -voorwaardes vir kompetisies aangebied of ondersteun deur of in samewerking met Media24 – Rapport.
  2. Jou inskrywing by ’n kompetisie en/of jou aanvaarding van ’n prys (in die geval dat jy wel ’n prys wen) vervat jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes namens jou en enige persoon met wie jy die prys deel (in die geval dat jy ’n prys wen wat vir jou en een of meer persone bedoel is – “jou metgesel”).
  3. Die kompetisie is nie oop:
    • vir direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van Media24 - Rapport of enige maatskappy binne die Naspers Groep van maatskappye of enige verskaffer van goedere of dienste wat met die kompetisie verband hou nie;  of
    • vir die eggenoot/-note, lewensmaat, sakevennoot of -assosiaat of die natuurlike of aangenome ouer, kind of broer/suster of enige van die persone gespesifiseer in 3.1 hierbo nie.
  4. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voogde verkry voordat hulle kan inskryf.
  5. Indien jy ’n selfoon gebruik om vir die kompetisie in te skryf, sal die telefoonoproepe/SMS-boodskappe wat jy maak/stuur teen die heersende tariewe gehef word, wat van tyd tot tyd kan verskil.  “Gratis” minute van ’n selfoonkontrak geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.
  6. Deelnemers kan slegs 30 SMS’e per unieke selfoonnommer per sleutelwoord stuur om vir die prys in aanmerking te kom.
  7. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat jou inskrywing voor die sluitingsdatum deur ons ontvang word. Enige persone wie se inskrywings nie voor die sluiting van die kompetisie deur ons ontvang is nie, sal nie daarop geregtig wees om deel te neem nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing.
  8. Ons en ons geaffilieerdes is nie verantwoordelik vir enige inskrywings wat nie betyds of hoegenaamd deur ons ontvang is nie, ongeag die oorsaak daarvan.  Sonder uitsondering is ons of ons geaffilieerdes nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese onklaarheid of enige onklaarheid of defek van enige telefoonnetwerk of -lyne, aanlynrekenaarstelsels, bedieners of verskaffers, rekenaarapparatuur of -programmatuur of verkeersopeenhoping (fisiek of op die internet, telefoonlyne of by enige ander diensverskaffer, webtuiste of ander toestel of medium) of enige kombinasie daarvan of enige ander tegniese of ander probleme nie.
  9. Ons en ons geaffilieerdes is nie een verantwoordelik vir enige onregmatigheid of skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of ander toestel wat deur jou gebruik is om vir die kompetisie in te skryf of om enige materiaal te verkry wat verband hou met die kompetisie nie.
  10. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
  11. Enige koste of uitgawes wat jy mag aangaan is vir jou eie rekening, buiten daardie items wat spesifiek by ’n prys ingesluit is. Media24 - Rapport sal nie verantwoordelik wees vir enige koste of uitgawes wat jy of jou metgesel (indien van toepassing) gedurende en vir die doeleindes van jou inskrywing vir die kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van die prys aangaan nie.
  12. Ons maak of gee nie voor of bied enige waarborge, uitdruklik of implisiet, in verband met ’n prys nie, en in die besonder, maar sonder uitsondering, maak ons geen voorstelling en gee geen waarborg dat: 
    • jou inskrywing of deelname aan die kompetisie noodwendig tot gevolg sal hê dat jy ’n prys wen nie;
    • ’n prys of enige aspek daarvan aan jou of, indien van toepassing, jou metgesel se vereistes, voorkeure, standaarde of verwagtinge sal voldoen nie;
    • ’n prys of enige aspek daarvan bevredigend, stiptelik, sonder foute, veilig of betroubaar sal wees nie.
  13. Ons en ons geaffilieerdes sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eis wat verband hou met die voorsiening van enige element van ’n prys of enige veranderinge aan ’n prys wat te eniger tyd gemaak kan word nie.
  14. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie uitgestel, verander of vir kontant of enige ander item geruil word nie.
  15. Jy mag nie ’n prys wen as dit onwettig vir ons is om sodanige prys aan jou te verskaf nie.  Indien jy wel so ’n prys wen, sal jy dit verbeur.
  16. Die wenners sal deur middel van ’n elektroniese prystrekking of in die geval van per hand- of posinskrywings deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
  17. Die name van die wenners sal onder die Wenners kategorie op die RapportKlub tuisblad (www.rapportklub.mobi) na die promosie bekendgestel word.
  18. Jy moet oor die nodige dokumente en toestemming beskik wat vereis word om ’n prys te aanvaar en te gebruik, insluitend ’n geldige paspoort en alle nodige visum- en reisdokumentasie ten opsigte van internasionale reise. Die verantwoordelikheid berus by jou om hierdie dokumente en toestemming op eie koste te verkry en dat die dokumente en toestemming geldig moet bly in ’n minimum formaat en vir ’n minimum tydperk na die prysdatum soos deur die betrokke owerhede vereis word.
  19. Die wenners sal in kennis gestel word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is.  Indien ons of  ’n derdepartyverskaffer nie in staat is om die wenner binne 24 uur of na 3 telefoonoproepe te kontak nie of indien die wenner nie in staat is om die prys binne 60 dae op te eis nie, sal die wenner die prys verbeur en behou Media24 - Rapport die reg voor om ’n nuwe wenner te trek onder dieselfde voorwaardes.
  20. In die geval waar jy ’n prys wen, sal ons eers jou toestemming kry om jou foto in enige vorm te gebruik.
  21. Ons kan vereis dat jy ons van sodanige bykomende inligting voorsien soos wat ons redelikerwys benodig om jou aanvaarding en/of die gebruik van ’n prys te prosedeer/verwerk en te bevorder/fasiliteer.
  22. In gevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hulle persoonlike inligting (ID-nommer, volle adres en kontaknommers) aan ons verskaf om die pryse op te eis.
  23. In die geval waar jy ’n prys wen wat deur ’n derdepartyverskaffer voorsien is, sal die verskaffer jou kontak om reëlings vir die afhaal daarvan te tref.  In hierdie verband moet jy die prys afhaal op die tyd en datum waarop met die verskaffer van die prys ooreengekom is.  Alle korrespondensie betreffende die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Media24 - Rapport sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, besering, skade, verlies of eis wat met die verskaffing van enige element van die prys verband hou nie.
  24. Ons en ons derdepartyverskaffers, soos die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse of enige aspek daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer sonder enige kennisgewing, te eniger tyd, vir enige rede wat ons mag nodig ag.  In die geval van so ’n verandering, uitstelling, opskorting of kansellasie, stem jy daartoe in om afstand te doen van enige regte, belange en verwagtinge wat jy ten opsigte van hierdie kompetisie het en erken jy dat jy geen reg op skadevergoeding teen ons, ons geaffilieerdes en derdepartyverskaffers het nie.
  25. Jy stem daartoe in dat jou deelname aan die kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van die prys of enige aspek daarvan op eie risiko geskied.
  26. Ons en ons geaffilieerdes sal nie verantwoordelik wees en aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, verpligting, besering, koste of skade (hetsy direk, indirek, toevallig, bestraffend of voortvloeiend) van enige aard wat gely word weens nalatigheid of enige ander oorsaak voortspruitend uit jou deelname aan die kompetisie of deur die aanvaarding en/of gebruik van enige prys deur jou of jou metgesel (indien van toepassing) of as gevolg van enige aksie wat ons of enige van ons geaffilieerdes volgens die bepalings en voorwaardes neem nie.
  27. Jy, en in die geval van jou dood, jou familie, afhanklikes, erfgename, gemagtigdes of enige ander bevoordeeldes van jou boedel, vrywaar ons en stel ons en ons geaffilieerdes skadeloos teen enige eis van watter aard ook al deur jou of jou metgesel (indien van toepassing), (hetsy direk, indirek, toevallig, bestraffend of voortvloeiend) weens nalatigheid of enige ander oorsaak wat verband hou met enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en/of skade wat jy mag ly, wat verband hou met jou deelname aan hierdie kompetisie en/of jou aanvaarding en/of jou gebruik van ’n prys.
  28. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van ’n prys onderhewig is aan die voorbehoud dat:
    • alle bepalings en voorwaardes vir sowel jou as jou metgesel (indien van toepassing) sal geld en dat jy sal verseker dat jou metgesel instem om deur hierdie bepalings en voorwaardes gebind te wees en om dit te onderhou en sal voortgaan om dit te onderhou;
    • jy volle verantwoordelikheid vir jou metgesel sal aanvaar;
    • jy ons en ons geaffilieerdes vrywaar en skadeloos stel teen enige eis deur jou metgesel of enige derde party in ’n geval waar jou metgesel enige verlies of skade ly voortvloeiend uit jou metgesel se aanvaarding en/of gebruik van die prys;
    • enige minderjarige deur ’n ouer of wettige voog vergesel sal word.
  29. Indien jy of jou metgesel (indien van toepassing) versuim om aan enige van hierdie bepalings en voorwaardes te voldoen, sal jy, behoudens enige ander regsmiddels tot ons beskikking:
    • outomaties gediskwalifiseer word en sal jy die prys/e verbeur (in welke geval jy reeds ’n prys gewen het);
    • ons betaal vir enige verlies of skade wat ons gely het direk of indirek as gevolg van jou (of, indien van toepassing, jou metgesel se) nie-nakoming, insluitend al ons regskoste (insluitend prokureurs- en eie kliëntekoste) wat ons mag aangaan om stappe te doen ooreenkomstig jou (of jou metgesel se) nie-nakoming; en
    • sal jy ons en ons geaffilieerdes vrywaar en onskadelik stel van enige eis deur enige persoon (hetsy direk, indirek, toevallig, bestraffend of voortvloeiend) van enige aard, weens nalatigheid of enige ander oorsaak, wat verband hou met dood, besering, verlies en/of skade wat gely mag word na aanleiding van jou (of jou metgesel, indien van toepassing se) versuim om hieraan te voldoen.
  30. Vir alle doeleindes hierin, beteken “geaffilieerde” ons vennote, medepromotors en borge van hierdie kompetisie, ons filiaalmaatskappye, ons en hulle filiaalmaatskappye en die onderskeie houermaatskappye, die filiaalmaatskappye van hulle houermaatskappye en ons en hulle direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers.
  31. Kontantpryse kan tot 30 dae neem voordat dit uitbetaal word. Die bedrag sal slegs in ’n geldige bankrekening en in die naam van die regmatige wenner van die prys betaal word. Kontantpryse wat deur minderjariges gewen word, sal slegs aan die wettige voog van die minderjarige uitbetaal word.
  32. Persoonlike inligting wat van jou verkry word, sal ingevolge beste bedryfspraktyk in die Republiek van Suid-Afrika gestoor en verwerk word.
  33. Deur in ons promosies deel te neem word jou persoonlike inligting (selfoonnommer) outomaties in ’n databasis gestoor vir toekomstige promosiedoeleindes.
  34. Persoonlike inligting sal nie aan derde partye verhandel, verkoop of verhuur word nie. Hoewel ons poog om nie enige van jou persoonlike inligting aan derde partye openbaar te maak nie, mits ons jou toestemming het, of vir die doel van ons wettige sakebelange, waarborg ons nie dat jou persoonlike inligting nie sonder jou toestemming met derde partye gedeel sal word nie.
  35. Jy stem in dat jou persoonlike inligting met (onder meer) die volgende partye gedeel kan word:
    • regerings- en wetstoepassingsagente;
    • krediet- en ander betaalkaartverskaffers;
    • waar die wet vereis dat ons jou persoonlike inligting aan ’n party bekend maak;
    • wanneer ons rede het om te glo dat die openbaarmaking van persoonlike inligting nodig is om ’n party te identifiseer, of kontak te maak met of geregtelike aksie teen sodanige party in te stel wat moontlik die Bepalings en Voorwaardes oortree, of (opsetlik of onopsetlik) inmeng met of inbreuk maak op ons regte of eiendom, ander gebruikers of enigiemand anders wat deur sulke aktiwiteite benadeel mag word.
  36. Hierdie bepalings en voorwaardes sal volgens kontrakwette en dispuutoplossingswette in die Republiek van Suid-Afrika verklaar, vertolk en toegepas word.
  37. Media24 - Rapport en die beoordelaar se beslissing oor enige saak rakende die kompetisie en/of saak wat uit hierdie bepalings en voorwaardes voortspruit, is finaal en bindend op jou en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.

Vir enige navrae, e-pos charlene.vdheever@media24.com of leticia.foxcroft@rapport.co.za.

« Terug


 Aanmelding | Registreer | Aktiveer

Gedryf deur Eurocom