Bepalings en voorwaardes:
-
‘n Dorp kwalifiseer vir Kwêla en Rapport se Dorp van die
Jaar-kompetisie as die getal inwoners minder as 500 000 is en die dorp
of woongebied nie binne ʼn metropolitaanse gebied val nie.
-
Die streekwenners vir 2011 (Hartebeespoort, Richardsbaai, Tzaneen,
Dullstroom, Victoria-Wes, Cradock, Parys, De Rust en Swakopmund), asook
2010 en 2011 se wendorpe (Graaff-Reinet en De Rust) kan nie in 2012
genomineer word nie.
-
Lesers/kykers kan enige dorp in Suid-Afrika of Namibië wat nie deur
punt 1 en 2 uitgesluit word nie, nomineer.
-
In die nominasiefase is daar geen beperking op die aantal dorpe wat
deur ‘n individu genomineer kan word, of die aantal SMS’e wat gestuur
word nie.
-
Om ‘n dorp te nomineer, SMS die naam van die dorp na 33157. Dié nommer
is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
-
As die naam van die dorp onlangs verander het of in die proses is om
te verander, kan die ou of nuwe naam per SMS ingestuur word.
-
Deelnemers hoef nie in ‘n dorp te woon om die dorp te nomineer nie.
-
Die nominasies sluit Dinsdag 27 Maart om 12:00.
-
Elke provinsie in Suid-Afrika is ʼn streek, behalwe Gauteng en Noordwes
wat saam een streek vorm. Namibië word as die 9de streek ingesluit
(Noord-Kaap; Oos-Kaap; Wes-Kaap; Gauteng/Noordwes; Vrystaat, Limpopo;
Mpumalanga; KwaZulu-Natal & Nambië).
-
Die vyf dorpe per streek met die meeste nominasies word aan die
beoordelaars, wat uit verteenwoordigers van Kwêla, Rapport en kykNET
saamgestel is, voorgelê.
-
Die beoordelaars kies drie uit die vyf dorpe met die meeste nominasies
per streek vir die semifinale rondte van die kompetisie.
-
In die semifinale rondte kry die publiek weekliks die geleentheid om
vir hulle gunstelingdorp in elke streek te stem.
-
Die sluitingsdatum vir elke streek sal weekliks in Rapport en op Kwêla
bekend gemaak word en die dorp met die meeste stemme dring deur na die
finale rondte.
-
Wanneer elk van die streke se wendorp bekend gemaak is, kry
lesers/kykers die geleentheid om in die finale rondte vir die Dorp van
die Jaar te stem.
-
Aan die einde van die finale rondte sal die dorp met die meeste stemme
as Kwêla en Rapport se Dorp van die Jaar aangekondig word.
-
’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate van die stemproses
oorsien en die wendorp bepaal.
-
Die sluitingsdatum vir die finale rondte is Dinsdag 7 Augustus om
12:00.
-
Die wendorp sal op Kwêla en in Rapport bekend gemaak word.
-
Die wenners van die weeklikse lesers/kykerskompetisiepryse sal op Kwêla
en in Rapport aangekondig word.
-
Die weeklikse lesers/kykerskompetisiewenners sal in al die fases van
die kompetisie deur middel van ’n elektroniese prystrekking aangewys
en telefonies in kennis gestel word.
-
Indien die weeklikse lesers/kykerskompetisiewenners nie binne drie
telefoonoproepe binne 24 uur bepaal kan word nie, of die wenners kan
nie die prys binne 6 maande opeis nie, word die prys verbeur en behou
ons die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde voorwaardes te trek.
-
Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul
persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse op te eis.
-
Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.
-
Die beoordelaars se beslissing is finaal.
-
Geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
-
Die wendorp wen R1 miljoen in bemarkingswaarde van kykNET en R1 miljoen
in bemarkingswaarde van Rapport.
-
Lesers/kykers wat in die nominasiefase stem, kwalifiseer vir die
volgende pryse:
-
1 Gelukstrekking vir ‘n 18 liter bottel wyn van Leopard’s Leap.
-
1 Gelukstrekking vir ‘n “Leopard’s Leap-ervaring”. Die prys
is vir 2 persone en sluit ‘n kooksessie in saam met Liam Tomlin
Food by Leopard’s Leap. Alle reiskoste, ‘n wynproe en verblyf
vir een nag met ontbyt in ‘n vyfster-gastehuis in die
Franschhoekvallei is ingesluit.
-
1 Gelukstrekking vir 2 persone by Pondoro Game Lodge. Die prys
sluit in: vlugkaartjies en vervoer vanaf en na die
Hoedspruit-lughawe, 3 nagte in ‘n luukse-suite, 2 wildkykritte
per dag, asook 3 maaltye per dag. Die pryse moet opgeneem word
in 2013 buite hoogseisoen (Paasnaweek, Aug, Okt en 15 tot 31
Des).
-
Lesers/kykers wat vir die streeksfinaliste stem, kwalifiseer vir die
volgende pryse:
-
5 Gelukstrekkings vir ‘n 18 liter bottel wyn van Leopard’s Leap.
-
5 Gelukstrekkings vir ‘n “Leopard’s Leap-ervaring”. Die prys
is vir 2 persone en sluit ‘n kooksessie in saam met Liam Tomlin
Food by Leopard’s Leap. Alle reiskoste, ‘n wynproe en verblyf
vir een nag met ontbyt in ‘n vyfster-gastehuis in die
Franschhoekvallei is ingesluit.
-
5 Gelukstrekkings vir 2 persone by Pondoro Game Lodge. Die
prys sluit in: vlugkaartjies en vervoer vanaf en na die
Hoedspruit-lughawe, 3 nagte in ‘n luukse-suite, 2 wildkykritte
per dag, asook 3 maaltye per dag. Die pryse moet opgeneem word
in 2013 buite hoogseisoen (Paasnaweek, Aug, Okt en 15 tot 31
Des).
-
Lesers/kykers wat in die finale fase stem, kwalifiseer vir die volgende
pryse:
-
1 Gelukstrekking vir ‘n 18 liter bottel wyn van Leopard’s Leap.
-
1 Gelukstrekking vir ‘n “Leopard’s Leap-ervaring”. Die prys is vir 2
persone en sluit ‘n kooksessie in saam met Liam Tomlin Food by
Leopard’s Leap. Alle reiskoste, ‘n wynproe en verblyf vir een nag met
ontbyt in ‘n vyfster-ga stehuis in die Franschhoekvallei is ingesluit.
-
1 Gelukstrekking vir ‘n sewenag-vakansie vir 2 persone wat deel by
Heritage Le Telfair Resort en Spa Hotel op Mauritius. Die pakket sluit
die volgende in: retoerkaartjies na Mauritius vir twee persone vanaf
Kaapstad of Johannesburg, lughawebelasting, vervoer van en na die
lughawe op Mauritius, ‘n spa-behandeling vir twee persone, ‘n kwad-
of 4x4-toer. Die pakket is nie beskikbaar in hoogseisoen nie en is
onderhewig aan beskikbaarheid van verblyf.
-
Almal wat in al die fases van die kompetisie stem, kom in aanmerking vir die
gelukstrekking van 'n WIT Kia Picanto EX ter waarde van R120 000.
-
Wenners kan versoek word om op Kwêla te verskyn of vir
publisiteitsdoeleindes vir Rapport gefotografeer te word, maar die
wenners kan die versoek toestaan of afwys.
-
Persone onder agttien sal nie in aanmerking kom vir die wynpryse nie
en moet toestemming by hul ouers of voog verkry voor hulle inskryf.
-
Wenners moet die nodige identifikasiedokumente verskaf om die prys te
eis.
-
Deelnemers neem op eie risiko deel en Rapport, Kwêla, kykNET, Leopard’s
Leap, Kia-motors, Pondora Game Lodge en World Luxury Hotel Awards
aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade
wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou
nie.
-
Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is
Rapport, Kwêla, kykNET, Leopard’s Leap, Kia-motors, Pondora Game Lodge
en World Luxury Hotel Awards nie verantwoordelik vir die pryse of koste
van SMS-inskrywings nie.
-
Werknemers van Rapport, Kwêla, kykNET, Leopard’s Leap, Kia-motors,
Pondora Game Lodge en World Luxury Hotel Awards sal nie vir die pryse
in aanmerking kom nie.
-
Die pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word
nie.
-
Die stemlyn vir die kompetisie is 33157.
-
ʼn SMS kos R1.50.
-
SMS’e in die nominasiefase is onbeperk. In alle ander fases van die
kompetisie word SMS’e tot 30 per selfoonnommer beperk.
-
Vir navrae kontak Hetta Saunderson by 082 920 3444.
-
Besoek gerus ook Kwêla en Rapport se webwerwe vir meer inligting: